Welkom by my.Kuier.co.za

Welkom by my.Kuier.co.za, die plek waar jy lekker kan kuier en gesels in Afrikaans!

Die oorspronklike idee was om ‘n afdeling op Kuier.co.za te skep waar almal met mekaar kan gesels. Waar stories en foto’s kan uitgeruil word en dalk ook nuwe vriende in die proses gemaak kan word...

Die eindproduk is my.Kuier.co.za, waar jy op die forum kan gesels, jou eie blog inskrywings kan maak en selfs foto's kan oplaai sodat ander gebruikers daardie spesiale geleentheid kan beleef toe jy dalk vir Steve, Valiant of Nicholis ontmoet het.

my.Kuier.co.za is nog baie jonk, so indien jy dalk op enige Engelse teks of ander probleme afkom, moenie skaam wees nie, vertel ons daarvan in die forum. Ek sal 'n plekkie maak waar jy vir ons kan inlig van enige sulke webwerf probleme.